Moord

Lande volgens internasionale moordsyfer per 100 000 inwoners, 2011:

   0–1

   1–2

   2–5

   5–10

   10–20

   >20

Beeld wat Kain se moord op sy broer Abel uitbeeld

Moord is 'n misdryf waar 'n persoon se lewe met opset (doelbewuste rade) geneem word. Die persoon wat die moord pleeg word die moordenaar genoem en die oorledene die vermoorde. As 'n persoon nie doelbewus doodgemaak word nie, staan dit eerder as manslag bekend.

Die straf vir 'n moordenaar is meestal lewenslange gevangenisstraf. In lande waar die doodstraf steeds gebruiklik is, kan die moordenaar tereggestel word.

Die eerste moord word in die Bybel in Genesis 4:8 beskryf waar Kain sy broer Abel doodslaan. In Eksodus 20:13 word die sesde gebod van die Tien Gebooie aangegee as: "Jy mag nie doodslaan nie."


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search